Europium(III)oksied (Eu2O3)is 'n chemiese verbinding van europium en suurstof. Europiumoksied het ook ander name as Europia, Europiumtrioksied. Europiumoksied het 'n pienkerige wit kleur. Europiumoksied het twee verskillende strukture: kubies en monoklinies. Die kubieke gestruktureerde europiumoksied is amper dieselfde as magnesiumoksiedstruktuur. Europiumoksied het 'n weglaatbare oplosbaarheid in water, maar los maklik op in minerale sure. Europiumoksied is termies stabiele materiaal wat smeltpunt by 2350 oC het. Europiumoksied se veeldoeltreffende eienskappe soos magnetiese, optiese en luminesensie-eienskappe maak hierdie materiaal baie belangrik. Europiumoksied het die vermoë om vog en koolstofdioksied in die atmosfeer te absorbeer.